★ Johannes Baptist Hoffman - artikels met gnd-identifiseerders ..

                                     

★ Johannes Baptist Hoffman

Na voltooiing van sy vroeere opleiding in Echternach en Luxemburg het Hoffmann in 1877 by die Jesuïete in Arlon Belgie aangesluit. Hy was nog n novise toe hy aan die einde van dieselfde jaar in Indie aankom. Verdere opleiding in Asansol Filosofie en Teologie het sy priesterlike vorming voltooi. Hy is op 18 Januarie 1891 tot priester in Kalkutta georden. Hy was uiters begaafd in tale en het ook Frans en Engels geleer, tesame met Antieke Grieks en Latyn. Hy het die taal van die Moendari begin bestudeer en n grondige kennis van die Indiese kultuur opgedoen tydens sy teologiese studies in Asansol.

                                     

1. Die Encyclopaedia Mundarica

Hoffmann het reeds voor die ensiklopedie n grammatikaboek oor die Moendari-taal 1903 gepubliseer. Hy is vanwee swak gesondheid gedwing om af te tree in Kalkutta, wat hom tyd gegee het om voort te gaan met die versameling van inligting en om studies oor die Moendari-taal, godsdiens en kultuur asook die tradisionele maatskaplike en politieke organisasie daarvan te maak. Toe die Eerste Wêreldoorlog uitbreek is Duitse burgers uit die Britse gesagsgebiede gerepatrieer. In 1915 is ook Hoffmann na Duitsland gerepatrieer. Dit was n baie hartseer ervaring vir die siek sendeling. Hy het egter kontak behou met sy kollegas in Chotanagpur. Hy het tot aan die einde van sy lewe aan sy Moendari-woordeboek gewerk, aantekeninge geskryf en sy notas georganiseer. Sy Encyclopaedia Mundarica wat kort na sy dood in Trier gepubliseer is n monumentale werk: dit beslaan 15 volumes, wat die hele kultuur en beskawing van die Moenda-mense beskryf.

                                     

2. Belangrikste werke

  • Encyclopaedia Mundarica, 15 vol., Patna, 1930–37. Herdruk, Patna 1975.
  • Mundari Grammar, Kalkutta, 1903.
  • Chota Nagpur Kotholik Bank. Kalkutta: Catholic Orphan Press, 1910 in Mundari, met Latynse skrif.
  • 37 Jahre in Indien, tröstliche Erfahrungen beim Naturvolk der Mundas., Tyrolia Verlag, Innsbruck 1923.
  • Mundari Poetry, Music and Dances, Kalkutta: Baptist Press, 1907.
  • Social work in Chota Nagpur, Kalkutta 1909.
  • A Mundari Grammar with Exercises, 2 volumes, Kalkutta 1905–1909.
  • Raiffeisenkassen im Dienste der indischen Mission, Xaverius Verlag, Agen 1919.
  • La bangue coopérative au Chota Nagpore. in: Missions Belges. 14 Janvier, 1912 31-38 & Février, 1912 51-62.
  • Special Memorandum on the Land System of the Munda Country. Chota Nagpur Teancy Act of 1908 met notas, regsuitsprake en die reels kragtens die Wet, red. J. Reid Kalkutta, 1910, 225-239.
  • Principles of Succession and Inheritance Among the Mundas, in: Man in India 4 Des. 1961, pp.324–338, herdruk uit: Journal of the Bihar and Orissa Research Society, Sept. 1915.
                                     

3. Bibliografie

  • Paul B. Steffen: HOFFMANN, Johannes Baptist SJ, Missionar, Ethnograph, Linguist, Sozialreformer. in: Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon. Vol.32 2011, p.702-708.
  • P. Van Wijnsberghe: Le champion dune race opprimée, Louvain, 1935.
  • Paul B. Steffen:" Meine tröstlichen Erfahrungen beim Naturvolk der Mundas”. Pater Johann Baptist Hoffmann S.J. 1857–1928. Missionar, Menschenfreund und Forscher aus der Eifel, in: Heimatkalender Eifelkreis Bitburg-Prüm 2011, 60. Jahrgang, Bitburg 2010, 171-178.
  • Fidelis de Sa: Crisis in Chota Nagpur. The Judicial Conflict between Jesuit Missionaries and British Government Officials, November 1889-March 1890. A Redemptorist Publication: Bangalore, India 1975, 357 pp. + 2 kaarte.
  • Peter Tete: A Missionary Social Worker in India, the Chota Nagpur tenancy Act and the Catholic Cooperatives 1893–1928, Documenta Missionalia 18, Università Gregoriana Editrice: Rome, 1984. Indian edition: Satya Bharatchi Press: Ranchi, India 1986.
  • Karl Müller: "Hoffman, Johannes Baptist", in Biographical Dictionary of Christian Missions, W. B. Eerdmans 1999, p. 298.
  • Paul B. Steffen: Johann Baptist Hoffmann S.J.1857–1928, ein Weltbürger aus Wallendorf in der Eifel, in: Arens, Bernhard: Chronik Wallendorf. Europäischer Universitätsverlag, Berlin – Dülmen 2010, 332-338.
  • AA.VV.: The Munda World: Hoffmann commemoration volume, Ranchi, 1978.


                                     
  • 2 Junie Edward Elgar, Engelse komponis 1934 21 Junie Johannes Baptist Hoffman Duitse Jesuïete linguis en sendeling tot die Munda - mense in Indië
  • 1797 1904 August Snieders, Vlaamse skrywer 1825 1928 Johannes Baptist Hoffman Duitse Jesuïete linguis en sendeling tot die Munda - mense in Indië
                                     
  • die eerste Speaker van die Kaapse parlement 1875 1857 Johannes Baptist Hoffman Duitse Jesuïet, taalkundige en sendeling tot die Munda - mense in
  • later keiserin Maria Fjodorowna van Rusland 1847 19 November Johannes Baptist Hoffman Duitse Jesuïete linguis en sendeling tot die Munda - mense in Indië

Users also searched:

johannes baptist hoffman,

Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →