★ Prins Hendrik van Battenberg - artikels met gnd-identifiseerders ..

                                     

★ Prins Hendrik van Battenberg

Prins Hendrik van Battenberg was ’n morganatiese afstammeling van die Huis van Hesse. Hy het lid van die Britse koningshuis geword toe hy trou met koningin Victoria se jongste kind, prinses Beatrice van die Verenigde Koninkryk. Deur sy dogter, prinses Victoria Eugénie van Battenberg, wat met die koning van Spanje getrou het, is Hendrik ’n voorouer van die huidige lede van die Spaanse koningshuis.

                                     

1. Lewe

Hendrik is op 5 Oktober 1858 in Milaan gebore as die seun van prince Alexander van Hesse en by Ryn en sy vrou, gravin Julia Hauke. Sy pa was die derde oudste seun van Lodewyk II, Groothertog van Hesse, en sy vrou, Wilhelmina van Baden.

Sy ouers se huwelik was morganaties sosiaal ongelyk omdat Julia nie van prinslike afkoms was nie. Hendrik kon dus nie sy pa se titel erf nie en het die titel graaf Hendrik Maurice van Battenberg gekry. Nadat sy ma die titel Prinses van Battenberg gekry het Hendrik en sy sibbes die titels prins en prinses gekry. Hulle het egter nie ’n aanspraak op die troon van Hesse gehad nie.

                                     

2. Huwelik

Deur hulle noue verbintenis met die Huis van Hesse het die Battenbergs in noue aanraking met die koningshuise van Europa gekom, onder andere die Britse koningshuis. Hendrik se ouer broer, prins Lodewyk van Battenberg, het getrou met prinses Victoria van Hesse en by Ryn, sy kleinniggie en ’n kleindogter van koningin Victoria. In 1884 het prins Hendrik verloof geraak aan prinses Beatrice, die jongste kind van koningin Victoria en prins Albert. Koningin Victoria het ingestem tot die huwelik, mits die egpaar by haar woon.

Op 22 Julie 1885 het die koningin aan Hendrik die aanspreekvorm "Koninklike Hoogheid" gegee sodat hy dieselfde rang as sy vrou kon hê. Dit het egter nie in Duitsland gegeld nie. Die egpaar is op 23 Julie 1885 getroud.

In 1895 is prins Hendrik na Wes-Afrika om in die oorlog tussen Brittanje en die Asjantiryk te veg. Daar het hy malaria opgedoen. Hy is naby Sierra Leone aan boord van die HMS Blonde oorlede.

                                     

3. Skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Prins Hendrik van Battenberg.
  • Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
                                     
  • Durchlaucht Die van Battenberg is laas gebruik deur prins Francis Joseph van Battenberg die jongste seun van die Prinses van Battenberg wat in 1924 sonder
  • Wêreldoorlog sy van na Mountbatten verengels weens anti - Duitse sentimente in Brittanje. Sy broerskinders, die seuns van prins Hendrik van Battenberg het dieselfde
  • Groothertog van Hesse, die wewenaar van Beatrice se ouer suster Alice. Beatrice het eindelik verlief geraak op prins Hendrik van Battenberg seun van prins Alexander
  • Italiaanse dirigent van veral operamusiek 1941 5 Oktober Prins Hendrik van Battenberg morganatiese afstammeling van die Huis van Hesse 1896 19
  • Prinses Victoria Eugénie Julia Ena van Battenberg genoem Ena 24 Oktober 1887 in die Balmoral - kasteel, Skotland 15 April 1969 in Lausanne, Switserland
  • President van die Verenigde State 1886 1844 Francis William Reitz, president van die Vrystaat 1934 1858 Prins Hendrik van Battenberg morganatiese
                                     
  • Theophilus van Bisantium 813 1639 Mustafa I, sultan van die Ottomaanse Ryk 1591 92 1891 Kalãkaua, Hawaiise monarg 1836 1896 Prins Hendrik van
  • oorlewende van die Titanicskeepsramp 1997 14 November Mamie Eisenhower, Eerste Dame van die VSA 1979 20 Januarie Prins Hendrik van Battenberg morganatiese

Users also searched:

prins hendrik van battenberg,

Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →