★ Hera - artikels met gnd-identifiseerders ..

                                     

★ Hera

Hera was in die Griekse mitologie die vrou en ouer suster van Zeus en die dogter van Kronos en Rea. Sy was die godin van die huwelik en van vroue een van die twaalf Olimpiese gode wat op die berg Olimpus gewoon het.

                                     

1. Uitbeelding

Haar eweknie in die Romeinse mitologie was Juno. Die koei, en later die pou, was vir haar heilig. Hera word uitgebeeld as ’n majestueuse en nors vrou, dikwels met ’n kroon op die kop. Sy hou soms ’n granaat in haar hand wat die embleem van vrugbare bloed en die dood is.

Sy was bekend vir haar jaloesie en wraakgierigheid, veral teenoor Zeus se minnaresse en hul kinders, maar ook teenoor sterflikes wat haar te na gekom het, soos Pelias. Paris het haar beledig deur Afrodite te kies as die heel mooiste godin, en sy het haar daarvoor gehaat.

In kunswerke word Hera se wa getrek deur poue, voels wat die Grieke nie geken het voor die verowerings van Alexander die Grote nie. Die poumotief het in die Renaissance herleef in die ikonografie wat Hera en Juno verbind het.

                                     

2. Kultus

Hera is veral as "Argive Hera" Hera Argeia aanbid in haar heiligdom tussen die voormalige stadstate Argos en Misene, waar feeste ter ere van haar Heraia genoem is. Daar was ook tempels vir haar in Olimpie, Korinthe, Tiryns, Perachora en die heilige eiland Delos. Sy is dalk die eerste god vir wie ’n onderdaktempel gebou is – omstreeks 800 v.C. by Samos. Dit is later vervang deur die Heraion, een van die heel grootste Griekse tempels.

Hera is ouer as Zeus. Homeros stel haar verhouding met hom baie delikaat in die Ilias waar sy vir Zeus sê: "Ek is Kronos se oudste dogter, en ek is nie net geeerd om daardie rede nie, maar ook omdat ek jou vrou is en jy die koning van die gode is."

Hoewel Zeus dikwels Zeus Heraios "Zeus, man van Hera" genoem word, behandel Homeros haar nie met baie respek in latere weergawes van die mite nie: Dit lyk of sy die grootste deel van haar tyd bestee om wraakplanne te smee teen die nimfe wat deur haar man verlei word.

                                     

3. Mite

Die jong Hera

Hera is veral bekend as die godin van vroue, maar huwelike val ook onder haar. Sy is ook as maagd aanbid: Volgens oorlewering was daar ’n driedubbele standbeeld van Hera as maagd, beskermvrou en geskeide. Die tempel vir haar naby Argos was ook gewy aan Hera die Maagd.

                                     

4. Hera en haar kinders

Hera is wel die godin van die huwelik en is ’n argetipe van die eenwording in die huweliksbed, maar sy is nie ’n wonderlike ma nie. Haar wettige kinders by Zeus is Ares, Hebe, Eris die godin van onenigheid en Eileitia die godin van geboorte. Hera was jaloers toe Atena, Zeus se dogter by Metis, gebore is en daarom het sy Hefaistos alleen verwek. Sy was volgens een mite so afgestoot deur sy voorkoms dat sy hom van die berg Olimpus afgegooi het. In alternatiewe weergawes het sy al die kinders wat gewoonlik as hare en Zeus s’n beskou word, alleen verwek.

Hefaistos het wraak geneem omdat Hera hom verwerp het deur vir haar ’n troon te bou, maar nadat sy daarop gaan sit het, kon sy nie weer opstaan nie. Hy het geweier om haar te bevry, totdat Dionisos hom dronk gemaak en na Olimpus teruggeneem het. Hy het Hera bevry nadat hy Afrodite as vrou gekry het.

                                     

5. Hera, die vyand van Herakles

Hera was die stiefma en vyand van Herakles, wat "Hera-beroemde" genoem is ter ere van haar. Toe Alkmene swanger was met Herakles, het Hera verhoed dat sy kraam deur haar bene te knoop. Haar planne is in die wiele gery deur ’n diensmeisie wat vir haar gesê het Alkmene het reeds gekraam. Hera het haar toe in ’n wesel verander.

Toe Herakles nog ’n baba was, het Hera twee adders gestuur hom dood te maak terwyl hy in sy wiegie lê. Herakles het met elke hand ’n slang verwurg en is deur sy oppasser gevind waar hy met die twee lewelose reptiele speel.

                                     

6. Bronne

  • Burkert, Walter, The Orientalizing Revolution: Near Eastern Influence on Greek Culture in the Early Archaic Age, 1998.
  • Ruck, Carl A.P., en Danny Staples, The World of Classical Myth 1994.
  • Kerenyi, Karl, 1959. The Heroes of the Greeks Especially Heracles.
  • Seyffert, Oskar. Dictionary of Classical Antiquities 1894. Aanlyn-teks.
  • Burkert, Walter, Greek Religion 1985.
  • Seznec, Jean, The Survival of the Pagan Gods: Mythological Tradition in Renaissance Humanism and Art, 1953.
  • Kerenyi, Carl, The Gods of the Greeks 1951 slapband, 1980.
  • Farnell, Lewis Richard, The cults of the Greek states I: Zeus, Hera Athena Oxford, 1896.


                                     
  • Hera Hilmar gebore 27 Desember 1988 is n Yslandse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Anna Karenina 2012 Life in a Fishbowl 2014
  • jongste kind van Kronos en Rea. In die meeste tradisies was hy getroud met Hera maar soms ook Dione: Volgens die Ilias is hy die vader van Afrodite by Dione
  • Euristeus, wat in sy plek koning geword het weens n slinkse plan van Hera en wat Hera se vuil werk gedoen het. As Herakles geslaag het, sou sy sondes vergewe
  • Hesperides was Hera se boord met goue appels wat aan iemand onsterflikheid kon gee. Die boord is geplant van die vrugtetakke wat Gaia vir Hera present gegee
  • lofsang van Homeros aan Hermes. Die klassieke twaalf Olimpiese gode is: Zeus, Hera Poseidon, Demeter, Ares, Hermes, Hefaistos, Afrodite, Atena, Apollo, Artemis
  • Griekse mitologie die godin van jeugdigheid. Sy was die dogter van Zeus en Hera en die skinker vir die gode en godinne van die berg Olimpus. Nadat sy met
  • en Menoitios Kronos het verskeie kinders by Rea gehad: Hestia, Demeter, Hera Hades en Poseidon, maar het hulle almal ingesluk sodra hulle gebore is ná
  • waarin hy Hera herinner aan n guns wat hy haar bewys het toe hy Zeus aan die slaap laat raak het. Hy het dit voorheen ook al gedoen en Hera só in staat
  • Kapitolynse Heuwel in Rome aanbid. Juno se eweknie in die Griekse mitologie was Hera die vrou van Zeus. Corbishley, Mike Ancient Rome Warwick Press 1986 p.62
  • of seun van Hermes, of die seun van Zeus of Pan Volgens die legendes het Hera hom vervloek met impotensie, lelikheid en vuil gedagtes terwyl Afrodite hom


                                     
  • Ares Grieks: Άρης is in die Griekse mitologie n seun van Zeus en Hera Hy is een van die twaalf Olimpiese gode wat op die berg Olimpus gewoon het. Hoewel
  • Gaia, die metgesel van haar broer Kronos en die moeder van Demeter, Hades, Hera Hestia, Poseidon en Zeus, ses van die Olimpiese gode wat later die Titane
  • van Thebe, en sy pa was Zeus, koning van die gode. Zeus se jaloerse vrou, Hera het van die verhouding uitgevind terwyl Semele swanger was. Sy het haar
  • aanbid. Die middelpunt van sy kultus was op die eiland Lemnos. Sy moeder was Hera Hefaistos se simbole was die hamer, aambeeld en tang, hoewel hy soms met
  • wat die held Herakles moes uitvoer op bevel van die jaloerse Hera was om goue appels in Hera se tuin te gaan haal. Die appels is deur Atlas se dogters die
  • val, verander hy haar in n pragtige silwerkleurige koei, sodat sy vrou Hera niks sou agterkom nie. Maar sy vrou vertrou hom nie, en gee Argus opdrag
  • n Romeinse eweknie gehad. Die 12 Olimpiese gode was Jupiter Zeus, Juno Hera Minerva Atena, Mars Ares, Neptunus Poseidon, Diana Artemis, Vulcanus Hefaistos
  • die Griekse mitologie word hy tydens een van Hercules se twaalf take deur Hera gestuur om Hercules se aandag af te lei terwyl hy teen n waterslang veg
  • gegooi: n goue appel met die boodskap vir die mooiste een Die godinne Hera Atena en Afrodite wou al drie die appel hê. n Rusie het ontstaan en nie
  • vang was een van die twaalf take van Herakles deur koning Eurystheus nadat Hera hom waansinnig gemaak het. Herakles het Kerberos oorrompel en na Eurystheus


                                     
  • godinne van die eerste Olimpiese generasie: sy en haar susters, Demeter en Hera Sy was die oudste én jongste van Kronos en Rea se kinders sien Oudste en
  • een van sy sandale in n rivier verloor nadat hy n ou vrou n vermomde Hera gehelp het om dit oor te steek. Sy het hom geseën, want sy het geweet wat
  • vrou is Pasitea, een van die jonger Grasieë, en is aan Hipnos belowe deur Hera die godin van huwelike en geboortes. Pasitea is die godin van hallusinasie
  • aangespoor het om Paris die beoordelaar te maak in n goddelike kompetisie tussen Hera Afrodite en Atena. Zeus het gehoor dat hy, nes sy pa, Kronos, deur een van
  • Griekse mitologie voor. Volgens een weergawe het Zeus se jaloerse vrou, Hera Leto verbied om te kraam nadat Zeus haar swanger gemaak het. Die eiland
  • meestal die kinders van Ixion en Nephele die wolk wat gemaak is om soos Hera te lyk Volgens n ander weergawe was hulle die kinders van ene Centaurus
  • hoofgod, het belanggestel in n jong nimf van Artemis met die naam Callisto. Hera Zeus se jaloerse vrou, het die pragtige Callisto in n beer verander. Callisto
  • omvergewerp sou word, nes hy sy pa omvergewerp het. Nadat hy die gode Demeter, Hera Hades, Hestia en Poseidon by Rea verwek het, het hy hulle net ná hul geboorte
  • weggaan weens sy vrou, Hera se jaloesie omdat die kind se ma n ander vrou is. Die Titane is woedend oor dié erflating en met Hera se aanmoediging besluit
  • Galileise mane Kallisto, Europa en Ganimedes. Die maan is genoem na Io, een van Hera se priesteresse, n nimf, n dogter van die riviergod Inachos en n geliefde

Users also searched:

hera, artikels met gnd-identifiseerders. hera,

Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →