★ Hoofbegraafplaas van Frankfurt am Main - artikels met gnd-identifiseerders ..

                                     

★ Hoofbegraafplaas van Frankfurt am Main

Die Hoofbegraafplaas van Frankfurt am Main, wat in 1828 geopen is, vorm saam met aangrensende Joodse begraafplase een van die grootste begraafplaasterreine in Duitsland. Danksy sy monumentele portaalgeboue, die gesofistikeerde tuinboukuns, grafmonumente uit byna twee eeue en die laaste rusplekke van talle vooraanstaande persoonlikhede is dit een van die belangrikste kulturele en argitektoniese besienswaardighede in die Mainmetropool.

                                     

1. Geskiedenis

Vanaf die vroee 16de eeu is die meeste oorledenes op die begraafplaas Peterskirchhof in Frankfurt se Neustadt begrawe. Dié begraafplaas is ná die Protestantse Hervorming uitsluitlik vir die begrafnisse van Protestantse Frankfurters uit die ou stad en die nuwe woonbuurte gebruik, terwyl Sachsenhausen oor sy eie kerkhof beskik het. Die ou Joodse begraafplaas het deel uitgemaak van Frankfurt se Joodse ghetto, die Judengasse, terwyl die klein aantal Rooms-Katolieke oorledenes op die kerkhof vlakby die domkerk begrawe is.

Die Peterskirchhof was meer as 300 jaar lank in gebruik en is verskeie kere uitgebrei. Nogtans was die plek binne Frankfurt se stadsmuur beperk, en reeds in die 18de eeu het dié kerkhof te klein geraak. Weens die groot aantal begrafnisse moes grafte dikwels binne die bestek van tien tot vyftien jaar hergebruik word. Die situasie het vanaf 1812 nog vererger nadat ook Rooms-Katolieke begrafnisse op die kerkhof plaasgevind het. Weens die snelgroeiende aantal Rooms-Katolieke inwoners was die klein domkerkhof in dié tyd reeds vol.

Die stadsvaders het dus besluit om n nuwe uitgestrekte begrafnisterrein met reekse grafte vir ryk én arm buite die stad aan te lê, ondanks die weerstand van die plaaslike bevolking. Baie invloedryke Patrisiergesinne was nie bereid om hul statige grafkelders op die Peterskirchhof in te ruil vir eenvoudige reekse grafte nie.

Frankfurt se geneeskundiges was in elk geval ten gunste van n nuwe dodeakker, veral weens die onhigieniese toestande op die ou Peterskirchhof. In 1821 is die terrein vir die nuwe begraafplaas gekies en vier jaar later n kommissie onder leiding van senator Johann Adam Beil aangestel wat die projek sou bestuur. Om die toestemming van welvarende gesinne vir die beplande begraafplaas te verseker, het die boukommissie planne vir die gelyke behandeling van alle oorledenes laat vaar. Langs die beplande buitemure is daar nou voorsiening gemaak vir groter familiegrafte en monumente. Die argitek Friedrich Rumpf 1795–1867 en die stadstuinier Sebastian Rinz 1782–1861 het die opdrag gekry om die nuwe hoofbegraafplaas te ontwerp.

Rinz het die nuwe dodeakker, wat met sowat ses hektaar drie keer so groot was as die ou Peterkirchhof, in die styl van Engelse landskapstuine aangelê. Die begraafplaas, wat sowat 340 meter in oos-westelike en 200 meter in noord-suidelike rigting gestrek het, is deur n muur omring. Net oos daarvan het n Joodse begraafplaas ontstaan. n Klassisistiese portaal met twee syvleuels, wat op die fondamente van n Romeinse landgoed ontstaan het as westelike hoofingang tot die nuwe begraafplaas gedien.

Een van die besondere aantreklikhede van die nuwe dodeakker, wat in destydse publikasies deur die stadsraad aangeprys is, was die heropwekkingsaal wat in die portaalgebou ingerig is – n instelling wat dikwels op 19de eeuse begraafplase aangetref is. Hier kon skyndooies weer tot lewe gewek word. So het die owerheid seker gemaak dat geen burger lewendig begrawe sou word nie – en kon tegelykertyd Frankfurters op n doeltreffende manier van die voordele van die nuwe begraafplaas oortuig.

Die laaste teraardebestelling op die ou Peterskirchhof het op 30 Junie 1828 plaasgevind. Een dag later, op 1 Julie, is die eerste begrafnisdiens op die nuwe dodehof gehou. Maria Catherine Alewyn, n boorling van Amsterdam wat in die ouderdom van 52 jaar in die Hotel zum Schwan oorlede is, was die eerste burger wat hier haar laaste rusplek gevind het. Haar graf is lankal verwyder, maar daar is steeds n gedenksteen.

                                     

2. Uitleg

Die begraafplaas se uitleg het in 1828 op dieselfde beginsels berus soos destydse ontwerpe vir landskapstuine. Opvallend is die boogvormige wandelpaaie langs die buitekant wat lyk asof hulle n natuurlike rigting van beweging deur die terrein aandui. Die plaaslike fauna het bewaar gebly om deel van die ontwerp te word. n Kenmerkende voorbeeld is die 300 jaar oue beukeboom op die foto regs. Die oorspronklike ontwerp het voorsiening vir n klein vywer, maar die grond op die terrein het geblyk om hiervoor ongeskik te wees.

Die grootste deel van die vredehof het aanvanklik egter ongestruktureer gebly. Volgens destydse higieniese standaarde en die ervarings met die ou Peterkirchhof het die beplanners dit raadsaam geag om liewer intensiewe gebruik van die gegewe terrein te maak en die lugsirkulasie, wat natuurlike ontbindingsprosesse ondersteun, nie te belemmer nie. Eers later is die terrein in afdelings met verskillende tuinontwerpe onderverdeel.

Die wandelpaadjies in die oudste gedeelte van die vredehof was nog relatief nou. In latere nuut aangelegde afdelings het bree lane en pleine ontstaan. Nóg n belangrike tuinbouelement was struikheinings. Teen die middel van die 19de eeu is met die aanplanting van hoog groeiende boomspesies soos beuke- en eikebome, platane, kastaiing- en iepebome begin. Die meeste van die laasgenoemdes het n boomsiekte in die laat 20ste eeu nie oorleef nie.

Die tuinboukuns van afdelings, wat ná 1927 ontstaan het, is deur die minimalistiese vormtaal van die Neues Frankfurt -skool beïnvloed. Aangesien die terrein n effense helling in rigting van Eckenheim het, is nuwe afdelings hier terrasvormig aangelê.

                                     
  • of kremasie, van Latyns cremare verbrand is naas n begrafnis of teraardebestelling een van die oudste maniere in die geskiedenis van die mensdom

Users also searched:

hoofbegraafplaas van frankfurt am main,

Free and no ads
no need to download or install

Pino - logical board game which is based on tactics and strategy. In general this is a remix of chess, checkers and corners. The game develops imagination, concentration, teaches how to solve tasks, plan their own actions and of course to think logically. It does not matter how much pieces you have, the main thing is how they are placement!

online intellectual game →